Happy Heavenly Birthday

My Mother, My Friend, tucked deep in my Heart till I see you again

{Albert & Carol Burger}

Liewe Ma Kitta Burger

Ma was, en is, en sal altyd wees diep in die groewe van ons harte.
Die kaalvoet-somer-weskus-kind wat ontsaglik baie verlang...
Woorde kan ek nog nie oor my lippe kry nie, Ma leef voort in my hart en gedagtes.

Elke dag praat ek met Ma en vang myself iets vra toevallig, somemr net iets wat ma sou kon antwoord of vooraf kon bid oor. Die plaas se skaduwees is donker sonder Ma. Ma wat die lig geskyn het en die liefde van God elke dag geleef het. Ons het jou gevoel. Ons doen nou nog.

Vanoggend kom ek af op die boek wat Ma vir Albert geskryf het in Lockdown - van die bladsye gebrand regrondom, die woorde wonderbaarlik duidelik nog sigbaar is. Ma ek het gesoek - soos Ma na daardie resep gesoek het van Ouma Betjie in die Plaaskombuis - ek kon die boek net nerens kry nie. Wat ek wel geweet het is dat ons die boek van die vloer af opgetel het onder ‘n klomp as en kombuis rommel nadat ons huis gebrand het in Feb 2021. Na die brand was die boek net weg...spoorloos soos wat die as na ons die huis laat reg maak het. Ma vanoggend die dag voor jou hemelse verjaarsdag kry ek die boek na baie dae van soek, in ‘n trommel diep weg gesteek. Glo Ma kan dit glo – vermoed jy het hom tevore gebring – nou sit ek en wonder watter resep Ma wil he ons moet maak om jou dag te vier hier op aarde.

Ma leef voort in ons harte - die kinders se harte, in my hart en in Albert se hart.

Ma het so groot vriendekring nagelaat dat daar so baie is wat instaan en bid vir ons as dinge druk. En ons is dankbaar dat Ma het. Al is die bord en die plaaskombuis en alle aardse goed weg van Ma het Ma die belangrikste vir ons gelos diep ingegroef in ons wese - Die liefde. Ons maak vandag die Labyrinth mooi skoon vir Ma. Sal hom saam Ma loop more op jou dag.

Ek mis Ma elke dag.

En terloops - dankie vir die veertjies wat so val voor my voete…gee my n glimlag, ek weet dis jy.

Ma se dogter, Carol

Ek dink die meeste van ons gaan soms met oogklappe deur die lewe, want ons is vasgevang in ons eie omstandighede en ‘n obsessive wat ons dryf na sukses, sonder om in alles die Here te raadpleeg. Ek het ‘n venster van my lewe oopgemaak deur die pyn en frustrasie van my kinderjare te verwoord in Vonke uit die koeroeklip. Ek het die Here gevra om volkome deel te wees op hierdie vreemde pad. Min het ek geweet dat daar ‘n nuwe wêreld vir my sou oopgaan en wonderlike mense my pad sou kruis wie my eie lewe ingrypend sou verander. So ‘n karakter was Kitta Burger toe ons mekaar ontmoet het. Hierdie vriendelike en elegante vrou het my onmiddelik beïndruk. Gou het ek besef ons is bondgenote, want ons deel dieselfde belangstelling vir die geskiedenis en bewaring van ons erfenis. Sy is ‘n entrepreneur in eie reg – daarvan getuig haar Plaaskombuis op Steenbokfontein. Die passie waarmee sy haarself in alles uitgeleef het was aansteeklik en so het sy menig gaste se lewe verryk. Ons almal in die lewe soek erkenning vir die goeie saad wat jy saai en dis so jammer dat Kitta dit eers na haar afsterwe moes ontvang. Sy’s die een vir wie ek so graag ons plaasmuseum sou wou wys, want ek weet dat sy dit sou waardeer, maar ongelukkig was dit nie vir ons beskore nie. Vir ons was Kitta meer as ‘n vriendin, want ons het so baie dinge met mekaar gedeel wat kosbaar was en haar voortydige afsterwe het ons diep geroer.
Aan die Burger-familie wil ek sê: Koester haar liefde en die moeder en grootmoeder wat sy vir julle was. Onthou haar rol wat sy in julle lewe gespeel het, asook in die gemeenskap. Salueer haar vir die rots wat sy was en eer haar nalating, want in my oë was Kitta ‘n merkwaardige vrou. Die een wie God daar geplaas het om ander te lei. Wie haar soek, vind haar in haar handewerk en die spore van bakens wat sy nagelaat het. Die liefde is ondigbaar, maar hoe magtig is die liefde nie, want niks kan dit vernietig nie. ‘n Moeder se liefde bly die kosbaarste herinnering by die kinders wat sy gesoog en grootgemaak het. Vertroetel hierdie liefde as ‘n stukkie kleinnood, want dit bly deel van jou menswees ….. vir altyd.

Oom Gert en tannie Hestelle

‘n Spierwit skulpie in die hand...”dis vir jou”
Welkom in Steenbokfontein....!
Duidelik die respek vir Kitty Burger....liefde geleef...ek beleef n bietjie van wat sy was deur iemand wat steeds trots op haar is...

Die begin van ‘n heerlike samesyn...
Ons ure van genot in en op die groot grot...en die “buur” grot...plafonne daarvan versier met kwashale in brons, swart en goud uit onse Skepper se hand...ons “model” sitte op die groot klipstoel diekant van die filmspan en ek wonder oor hoeveel voetspore al daar geland het - en het jy ook ‘n spierwit skulpie in jou broeksak of in jou hand?

Gister in Leipoldtville kwalifiseer ek as Sandveld engel op die stoep van die Algemene Handelaar winkel...
Vandag tussen pers blom en wit klip stap ek met my optel klippie TROTS en my suster met hare HOOP in die teenwoordigheid van Kitty Burger...en ek ontmoet haar in die stilte van die Twaalfde Engel skildery.

Vol was die dag soos die Sishen trein met sy ystererts vrag...
Carol Burger jy groet nie....jy GEE-GROET...van jouself en dit wat jy deel...

Daar is nie ‘n verskil tussen hallo en koebaai nie....ek het albei ewe hartlik ervaar....warm soos ons Afrika son. DANKIE!!!

Ek kan nog baie sê, maar saam met my glasie KWV Grenache Blanc en “Rimpelings van die Sybille” reg voor my, roep ek eers halt...jy is ‘n dame met styl en iemand wat KAN en WIL.

Dankie vir vandag, 13 September 2022. Ons waardeer dit uit ons harte.🙏

Mara Venter
Uniestraat 39,Despatch, Oos-Kaap

Kitta Burger Memories

Maar deur die genade van God is ek wat ek is. Sy genade aan my was nie vergeefs nie, trouens, ek het baie harder gewerk as al die ander – eintlik nie ek nie, maar die genade van God, wat met my is. (1 KORINTHIëRS 15:10)

Selection of Stories